Afrikaanse nuusbrief

As jy graag in kennis gestel wil word wanneer my volgende vol lengte boek vrygestel word, hoekom teken jy nie op vir my NUUSBRIEF nie en ek sal jou e-pos wanneer dit klaar is? As my spesiale geskenk, sodra jy jou subskripsie bevestig het, gee ek jou direkte toegang tot ‘n gratis digitale uitgawe van my novellas, “Die Horlosiemake” en “Held van ouds”, in jou keuse van .epub, .mobi en .pdf formaat beskikbaar. Ek belowe om nooit spam te stuur nie en hou jou persoonlike inligting privaat. Jy is vry om te eniger tyd jou subskripsie te kanselleer.

Teken hier in: http://eepurl.com/cGS3JT

Opsomming: Die Horlosiemaker: ‘n novelle GRATIS

Marae O’Conaire het baie groter probleme as die feit dat haar horlosie stiptelik 3:57 namiddag opgehou werk het. Wanneer sy haar horlosie neem vir herstelwerk, vind sy uit dat sy ‘n ongewone prys gewen het – die kans om ‘n enkele uur van haar lewe oor te leef. Maar die lot het streng reëls oor hoe die verlede beïnvloed mag word en kom met die waarskuwing dat sy niks mag doen wat ‘n paradoks in die tyd-lyn kan veroorsaak nie. Kan Marae vrede maak met die fout waaroor sy die meeste spyt in hierdie wêreld het?

“’n Aangrypende kort verhaal gebaseer op ‘n tema uit Noorse mitologie. Tyd is ‘n geskenk, en partykeer, ‘n laaste kans…” –Dale Amidei, skrywer

Opsomming: Helde van Ouds: Episode 1×01 GRATIS

Engelagtige Spesiale Magte Kolonel Mikhail Mannuki’ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het ‘n ongelooflike vermoë om te genees. Maar wie het Mikhail afgeskiet? En hoekom?

Ninsianna het nog altyd ‘n spesiale verhouding met die godin gehad. Sy kom uit ‘n lang lyn van toordokters en genesers. Toe sy die woestyn in vlug om die gedwonge huwelik aan die hoof se baasspelerige seun te ontsnap, was die laaste ding wat sy verwag het ʼn gevlerkte man wat uit die lug val!

Intussen, in die hemel, het Eerste Minister Lucifer, die Ewige Keiser se aangenome seun, ‘n plan gemaak om sy onsterflik pa se wense te ignoreer.

Dit is lewe en dood in die eerste paaiement van die Swaard van die Gode wetenskapfiksie reeks, ‘n fantastiese oorvertelling van die mite oor gevalle engele.

Teken hier in: http://eepurl.com/cGS3JT